Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Massiewe hyskraan ingespan om wrakstukke van ineengestorte Baltimore-brug in Amerika te verwyder

# Die grootse hyskraan aan die Amerikaanse ooskus het in Baltimore aangekom as deel van die massiewe opruimingpoging na die ineenstorting van die Francis Scott Key-brug. Verskeping na en van een van die land se besigste hawens is opgeskort terwyl die wrakstukke van die brug oor die vragskip leun wat daarteen gebots het. Die soektog na die liggame van vier werkers is opgeskort omdat dit te gevaarlik is om tussen die wrakstukke te duik. Meer as ‘n miljard-rand in noodfondse van die federale regering is vir die herstelpogings bewillig.