# ‘n Kelner by ‘n restaurant in Mosselbaai in die Suid-Kaap kon sy oë nie glo nie toe hy verlede week ‘n footjie van 94-duisend-486-rand ontvang het nie. ‘n Amerikaanse akteur en filmmaker, Marcia Kimpton, het die groot bedrag gelos na sy en ‘n groep van 15 mense by Delfino’s Restaurant geëet het. Die kelner, Zathan McCarthy, het aan die Mosselbay Advertiser gesê hy gaan die fooi met sy kollegas deel. Kimpton is in Suid-Afrka om tonele vir ‘n nuwe TV-mini-reeks, An American Abroad te skiet.