# ‘n Studie het bevind honderde Kaapse pelsrob-welpies het in September verlede jaar gevrek weens verskeie faktore, insluitend wanvoeding. Die provinsiale Departement van Landbou se staatsveeartseny-laboratorium het bevind bio-gifstowwe is nie verantwoordelik vir die vrektes, soos aanvanklik vermoed is nie. Munisipaliteite in die Elandsbaai-gebied van die Weskus het tussen September en November 2021 meer as een-duisend-600 dooie robbe begrawe.