# Adjunkpresident Paul Mashatile sê geslagsgeweld en vrouemoord het ‘n keerpunt in Suid-Afrika bereik en sal slegs deur gesamentlike pogings tot ‘n einde gebring kan word. Hy het gister die amptelike bekendstelling van die Takuwani Ri-ime-aksieprogram by Ha-Masia buite Malamulele in Limpopo, gelei. Dit was die derde Nasionale Mansparlement wat by die plaaslike veeldoelige sentrum aangebied is. Mashatile sê hoewel wetgewing ‘n kritieke rol speel in die hantering van geweld teen vroue en meisies, is voetsoolvlak-ingrypings wat hierdie proses ondersteun, ewe belangrik.
Mashatile sê geslagsgeweld en vrouemoord het ‘n keerpunt in SA bereik