# Die Balobedu Koninklike Huis sê die kantoor van haar majesteit, koningin Masalanabo Modjadji die sewende, die Reënkoningin, stel die koninginraad saam wat verantwoordelik sal wees vir die reëlings vir die kroning van haar majesteit in Maart volgende jaar. President Cyril Ramaphosa het koningin Masalanabo Modjadji die sewende onlangs as die koningin van die Balobedu koninklike nasie erken. Hoofraadgewer Mathole Motshekga sê haar majesteit neem oor by haar oorlede moeder, koningin Makobo Modjadji die sesde, wat in 2005 oorlede is.
Masalanabo Modjadji die sewende stel koninginraad saam