Skip to content

Mary Poppins-aktrise Glynis Johns sterf

# Glynis Johns, die aktrise wat die rol van Mrs Banks vertolk het in die 1964-rolprent, Mary Poppins, is dood. Die Britse aktrise wat in Suid-Afrika gebore is, was 100 jaar oud. Haar bestuurder sê sy is Donderdag by ʼn versorgingsoord in Los Angeles aan natuurlike oorsake dood. Johns was veral bekend vir haar verskyning in Mary Poppins, waarin sy Mrs Winifred Banks was, die ma wat met haar kinders herenig danksy Julie Andrews se magiese kinderoppasser. Mary Poppins het uit 13 benoemings vyf Oscars gewen en is steeds een van Walt Disney se gewildste flieks.