Die minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga, verwelkom die Internasionale Maritieme Organisasie se ouditspan vandag amptelik in die land. Die span gaan ‘n verpligte oudit by ‘n aantal staatsinstellings doen, insluitend die Departement van Vervoer se implementerings-agentskap verantwoordelik vir maritieme administrasie, die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid. Daarna sal hulle ‘n voorlopige ouditverslag aan die einde van die week voorlê. Die departement sê Suid-Afrika is een van die twee Afrika-state wat vir oudits voor die einde van die jaar geskeduleer is. Benin is die ander land.
Maritieme-organisasie se ouditspan in SA vir verpligte oudit