Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Mapisa-Nqakula se regs-span kritiseer NVG se hantering van haar arrestasie [KLANK]

# Die regsverteenwoordiger van die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Reg Willis, beskuldig die staat van die uitlek van korrupsiebewerigns aan die media. Mapisa-Nqakula wil ‘n stokkie steek voor haar arrestasie oor bewerings sy het omkoopgeld ontvang toe sy die minister van Verdediging was. Dit volg op ‘n soek-en-beslagleggingsoperasie verlede week by haar huis. In sy betoog voor die Hooggeregshof in Pretoria, staan Willis aansprake teen dat Mapisa-Nqakula ingestem het om haarself aan die polisie uit te lewer. Hy voer aan die speaker was onder druk om te voldoen, sonder die teenwoordigheid van haar prokureur:

ENG WillisOnArrestWarrant