Skip to content

Manyi sê die MK-party is beter toegerus om die land te herower

# Die voormalige EFF-parlementslid Mzwanele Manyi glo die MK-party is beter toegerus om grondonteiening sonder vergoeding, en beleid soortgelyk aan dié van die EFF toe te pas. Hy en die adjunkpresident van die EFF, Floyd Shivambu het uit die party bedank om by oudpresident Jacob Zuma se MK-party aan te sluit. Manyi sê MK is meer geskik om die land te herower van wat hy as imperialiste beskryf. Hy sê daar is beweging in die party is en hulle moet hieruit munt slaan.