# Die polisie in Limpopo soek na ‘n man wat daarvan verdink word dat hy sy vrou by die Namakgale-township in Limpopo doodgeskiet het. Gemeenskapslede het die polisie in kennis gestel nadat hulle skote gehoor het. Die polisie het op die 31-jarige vrou afgekom. ‘n Woordvoerder van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, Witness Tiva, het die onlangse styging in skietvoorvalle in die provinisie wat verband hou met gesins- en geslagsgeweld, veroordeel.