# ‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy hom as ‘n verkeershoof voorgedoen het, sal na verwagting op 12 April in die Postmasburg-Landdroshof in die Noord-Kaap verskyn. Andrew May het gister sy eerste verskyning gemaak. Hy word ook daarvan aangekla dat hy ‘n aantal slagoffers bedrieg het deur aan hulle bestuurders- en voertuigregistrasiedokumente in ruil vir geld te belowe. Die polisiewoordvoerder Tebogo Thebe sê die Valke het tydens May se inhegtenisneming beslag gelê op vyf selfone ter waarde van 20-duisend-rand.