Skip to content

Man ses lewenslange vonnisse opgelê vir moord op familielede [KLANK]

# Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het Sthembiso Mthimkhulu ses lewenslange vonnisse opgelê vir die moord op ses van sy familielede in Eshowe in 2021. Natasha Ramkisson-Kara van die Nasionale Vervolgingsgesag in KwaZulu-Natal sê hy het geglo sy oom bedryf heksery en het op naasbestaandes losgebrand. Ses mense is dood, waaronder twee kinders. Ramkisson-Kara sê die vonnisse is gevel na kragtige verklarings deur getuies oor hoe die moorde hulle lewens geraak het:

ENG-Ramkisson-KaraOnSentense