# Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het ‘n 30-jarige man gevonnis tot effektief 25-jaar gevangenisstraf vir die moord op konstabels Thandoluhle Mhlongo en Mazwi Zuke in KwaZulu-Natal. Nkanyiso Nzama het Mhlongo en Zuke in Maart 2019 in ‘n verbyry-skietery in die middestad van Kranskop geskiet. ‘n Polisiewoordvoerder, Simphiwe Mhlongo, sê Mhlongo is op die toneel dood en Zuke het met sy aankoms by die hospitaal gesterf. Die Valke het Nzama dieselfde dag in hegtenis geneem.