# ‘n Een-en-vyftigjarige man sal na verwagting môre in Worcester se Landdroshof in die Wes-Kaap verskyn op ‘n aanklag van dwelmhandel. ‘n Polisiewoordvoerder sê die Valke het hom gister in Kaapstad in hegtenis geneem. Die span het op hom toegeslaan nadat hulle inligting ontvang het dat dwelms in sy voertuig versteek is. Die man is op die R-60 op pad na Robertson voorgekeer en sy voertuig is deursoek. Mandrax-tablette met ‘n beraamde straatwaarde van 800-duisend-rand is in die voertuig se sypanele gevind.