# ‘n Een-en-dertig-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy met onwettige sigarette ter waarde van 250-duisend-rand in Limpopo betrap is. Die polisie het hom in Ga-Chuene naby Lebowakgomo gearresteer toe hy die sigarette in ‘n bakkie vervoer het. Die polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, het bevestig die verdagte, ‘n buitelander, kon nie bewys wie die verskaffers van die Remington Gold-sigarette is nie. Hy staan tereg op aanklagte van die besit van onwettige sigarette.
Man gearresteer vir die besit van onwettige sigarette ter waarde van R250 000