# Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê wanneer die Malmesbury-verbypadprojek van 640-miljoen-rand in die Swartland afgehandel is, sal 295 werkgeleenthede geskep wees. Bouwerk aan die verbindingspad van 6,7-kilometer tussen die Hopefield-wisselaar en die N7-hoofweg, en die kruising met die R-45 vorder goed. Die projek bestaan uit vyf nuwe brûe en ʼn nuwe graad-verdeelde wisselaar. Simmers sê die projek sal na verwagting volgende jaar teen November voltooi wees.
Malmesbury-verbypadprojek van R640-miljoen skep werksgeleenthede