# Magalies Water sê pogings word aangewend om die hulpbronne by die Hartbeespoortdam in Noordwes te bestuur. Sleutel-ingrypings sluit in die verwydering van indringerspesies, die monitering van watergehalte en die opspoor van besoedeling. Die watervoorsiener sê ‘n gebeurlikheidsplan wat in Oktober ingestel is, het die verwydering van hiasinte verskerp en dit word nou dag en nag gedoen. Magalies Water sê planne word gemaak om meer masjinerie in te span om volhoubare waterbestuur te verseker.
Magalies Water verwelkom vordering met Hartbeespoortdam-projek