# Die dodetal in Madagaskar weens die tropiese storm Batsirai het tot minstens 111 gestyg. Die eilandstaat se nasionale rampbestuursagentskap sê 87 mense het in die Ikongo-distrik naby die ooskus van die eiland in die Indiese Oseaan omgekom. Die sikloon het verlede naweek toegeslaan en sowat 30-duisend mense word in tydelike skuilings gehuisves. Hulpagentskappe is bekommerd oor die verskaffing van genoeg drinkwater en het begin om suiweringstelsels op te rig.