# Die LUR vir Vervoer en Gemeenskapsveiligheid in Limpopo, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, sal vandag die Mulaudzi-familie in die Tlatja-gemeenskap buite Kgapane besoek nadat ses van hul familielede verlede week in ‘n botsing reg van voor dood is. Die burgemeester van Mopani, Pule Shayi, sal die LUR vergesel. Thomas Mulaudzi, sy vrou, Masutwane Lefohle, en hul vier kinders is op slag dood in die ongeluk naby die Nyl-tolplaza op die N1 by Mokopane. Die afvaardiging sal tydens die besoek ‘n boodskap van meegevoel aan die familie oordra voor die gesin se begrafnis wat vir môre beplan word.