# Die Noord-Kaapse LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene, het onaangekondig mediese nooddienste se basis en inbelsentrum in die Sol Plaatje- plaaslike munisipaliteit besoek. Dié besoek is deel van ‘n program om die lewering van gesondheidsdienste te monitor en waar nodig te verbeter. Lekwene sê in die geval van ‘n noodgeval of enige ander trauma-situasie moet voorkom word dat ‘n oproep nie gemaak kan word nie, of verwarring heers oor die verskillende noodnommers.