#Die Gautengse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko sluit haar vandag aan by verskeie geloofsgebaseerde organisasies in Orange Farm, om teen geslagsgeweld te bid. Orange Farm is onder die top 30 geslagsgeweld-brandpunte in die land. ‘n Woordvoerder van Mazibuko se kantoor sê die gebedsbyeenkoms is deel van die aanloop tot die afskop van die jaarlikse veldtog van 16 Dae van Aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders.