# Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika het dividende van 816-miljoen-rand verklaar. Dit sluit in 768-miljoen-rand vir voorkeuraandele en 48-miljoen-rand vir gewone aandele, wat dit ʼn besondere finansiële mylpaal maak. ACSA is nou een van slegs enkele maatskappye in staatsbesit wat dividende uitbetaal. Volgens die maatskappy het ʼn strategiese fokus op die diversifisering van inkomste, operasionele doeltreffendheid en infrastruktuurbeleggings bygedra tot die sukses. Dit plaas ACSA in ‘n posisie vir voortgesette groei en waardeskepping in die finansiële jaar 2023/2024.
Lughawensmaatskappy Suid-Afrika verklaar R816-mijoen in dividende