# ‘n ANC-streek in Limpopo het sy ondersteuning uitgespreek dat Cyril Ramaphosa ‘n tweede termyn aanbly as leier van die party. Sekhukhune het die aankondiging gemaak in aanloop tot die naweek se 8 Januarie-viering in Polokwane. Die streeksvoorsitter, Mathope Tala, het Ramaphosa by ‘n ANC-geleentheid verwelkom en gesê hy kan op hulle ondersteuning staatmaak om nog vyf jaar as leier te dien. Tala sê net Ramaphosa kan die ANC red. Die party sal sy verkiesingskonferensie aan die einde van die jaar hou.