# Die provinsiale regering in Limpopo het onlangse gerugte bevestig dat alle geldelike hulp aan die onttroonde koning van die Vendas, Mphephu Ramabulana, gestaak word. Die Konstitusionele Hof het Ramabulana se aansoek om appèl teen ‘n uitspraak van die Hooggeregshof in Thohoyandou in November verlede jaar, van die hand gewys. Die Streekshof het ‘n uitspraak dat hy as koning van die Vendas aangestel word, ter syde gestel. Die jongste uitspraak bring ‘n einde aan ‘n dekade lange hofstryd tussen Ramabulana en sy niggie, prinses Masindi Mphephu.