# Die Spesiale Skool Mahlasedi in Lebowakgomo is aangewys as die wenner van die 2021 Simama-Ranta-toekenning vir skole in Limpopo. Dit word aangebied deur die Eskom Ontwikkelingstigting. Die skool bestaan sedert 2018 en onderrig vaardighede soos landbou, messelwerk, gasvryheidstudies, naaldwerk en houtwerk. Die woordvoerder van die stigting, Madelline Kazinga, sê Simama-Ranta word jaarliks aangebied om leerders te help om by die ekonomie betrokke te raak. Kazinga sê die gehalte van inskrywings verbeter elke jaar. Dit wys daar is ‘n bestendige groei in die getal aspirant entrepreneurs.