Skip to content

Limpopo-onderwyser moet in hof verskyn vir beweerde aanranding van graad 12-leerder [KLANK]

# ‘n Nege-en-twintig-jarige onderwyser sal na verwagting vandag in die Landdroshof in Sekhukhune, Limpopo verskyn in verband met die beweerde aanranding van ‘n graad 12-leerder. Voorlopige verslae dui aan die slagoffer het Sondag in haar kamer studeer by die St Peter Combine Church School se koshuis in Apel toe die onderwyser haar met ‘n gordel en skoen aangerand het. ‘n Polisiewoordvoerder, Hlulani Mashaba, sê die slagoffer het na bewering beserings en kneusplekke opgedoen en is hospitaal toe geneem: