# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Khumbudzo Ntshavheni, het vandag Limpopo se laaste analoog-sender in Tzaneen afgeskakel. Volgens die projekbestuurder van die uitsaai-digitale-migrasie, Tebogo Leshope, het meer as 20-duisend inwoners in die provinsie geregistreer vir die toestelle om die sein om te skakel. Leshope sê hulle verwag dat die finale migrasie-proses teen die einde van Maart vanjaar sal plaasvind.