# Die Departement van Onderwys in Limpopo is teleurgesteld oor die arrestasie van ‘n onderwyser aan die Gekombineerde Hoërskool Mashashane vir dwelmhandel. Die 33-jarige het dwelms ter waarde van 20-duisend-rand en ‘n ongelisensieerde vuurwapen in sy besit gehad. Die LUR van Onderwys, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, het die wangedrag veroordeel en sê dissiplinêre stappe sal volg. Sy sê die onderwyser se gedrag is kommerwekkend gegewe die impak van dwelmmisbruik op skoolgaande jeug.
Limpopo Departement van Onderwys ontsteld nadat onderwyser aangekeer word vir dwelmhandel