# Die hoof van die Life Esidimeni-projek, Levy Mosenogi, sê een van die grootste lesse van die tragedie is dat staatsamptenare teen politieke hoofde moet opstaan. Hy het in die Hooggeregshof in Pretoria getuig by die geregtelike doodsondersoek na die tragedie. Mosenogi, destyds die departement se hoofdirekteur van Beplanning, was die enigste senior bestuurder wat die voormalige LUR, Qedani Mahlangu, gevra het om die oorplasing van geestesgesondheidsorg-pasiënte vir tussen ses maande en ‘n jaar terug te hou. Mosenogi was onder kruisondervraging oor die dood van 144 pasiënte.