# Die ANC in Gauteng se voorsitter, Panyaza Lesufi, sê as die party wil oorleef, moet hy verander. Hy het die politieke oorsig by die party se provinsiale uitvoerende komitee se lekgotla in Boksburg gelewer. Die ANC het in die Mei-verkiesing die eerste keer sedert 1994 sy volstrekte meerderheid op nasionale vlak verloor. Hy het ook sy greep op die provinsie verloor en Gauteng word nou deur ʼn regering van provinsiale eenheid regeer. Lesufi sê hulle aanvaar ʼn benadering dat hulle nie soos gewoonlik kan voortgaan nie:
Lesufi sê ANC Gauteng kan nie soos gewoonlik voortgaan nie [KLANK]
ENG LesufiOnRebuild