Skip to content

Legendariese dramaturg Mbongeni Ngema met ‘n gedenkdiens vereer vandag

# ‘n Gedenkdiens vir die dramaturg en musieklegende, wyle Mbongeni Ngema, vind vanmiddag plaas in die Playhouse in Durban, KwaZulu-Natal. Ngema is verlede Woensdag oorlede in ʼn botsing reg van voor in Lusikisiki in die Oos-Kaap, terwyl hy op pad was huis toe na ʼn begrafnis. Die 68-jarige was bekend vir sy rol as begeleidingskitaarspeler in teater en het bekend geword met gewilde verhoogstukke soos Sarafina!, Woza Albert! en Asinamali. Hy het ʼn onuitwisbare merk gelaat op die wêreld van teater en musiek. Ngema word Vrydag begrawe.