Skip to content

Landboukundige Buro maan teen volgehoue druk op sektorprodusente tot 2033

# Die jongste kernverslag van die Buro vir Voedsel- en Landboukundige Beleid toon globale verkiesings en trae ekonomiese groei beïnvloed die landbouvooruitsigte vir 2024 tot 2033. Senior ekonoom, Shannon Bold, sê trae groei wêreldwyd en inflasie het ‘n impak op landbou, maar die sektor in Suid-Afrika bly veerkragtig. Die verslag voorspel uitdagings vir veldgewasse en vee. Dit wys terselfdertyd op geleenthede in internasionale markte en tegnologiese vordering vir volgehoue groei.