# Die normale tot bo-normale reënval in die Oos-Kaap die afgelope paar weke, het oestyd vervroeg. ‘n Woordvoerder van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sê oormatige reën het mielielande in die OR Tambo-distrik en die oostelike dele van Amathole deurdrenk, en het ook groentetuine beskadig. Die vloedwater het ook pynappellande in die Buffalo City-metro-gebied verspoel. Die departement sê in die Karoo word swerms bruinsprinkane steeds aangemeld, maar is onder beheer.