# Die Britse parlement hersien sy reëls oor die teenwoordigheid van kinders in die Laerhuis nadat ‘n parlementslid haar baba werk toe gebring het. Stella Creasy van die Arbeidersparty sê sy is in ‘n e-pos tereggewys omdat sy haar seun tydens ‘n toespraak vasgehou het. Sy skryf op Twitter die parlement het blykbaar ‘n reël aanvaar dat ma’s in die moeder van alle parlemente nie gesien of gehoor mag word nie. Die speaker Lindsay Hoyle sê hy het die voorsitter van die Prosedurekomitee gevra om die saak te oorweeg.