# Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens maak vordering met die herstel van sy stelsels. Sommige stelsels is reeds weer operasioneel, maar volgens die laboratorium wag ander vir finale sekerheidsmaatreëls. Uitvoerende hoof, professor Koleka Mlisana het intussen weer om verskoning gevra vir die ontwrigting van die openbare gesondheidsdiens. Die laboratoriumdiens doen nou stappe om die impak op sy werksaamhede te versag deur ‘n eLABS-platform te gebruik wat TB- en MIV-verwante resultate wat voor die sekerheidskending gegenereer is, aan klinici te voorsien. Mlisana het beklemtoon pogings duur voort om ononderbroke openbare gesondheidsdienste te verseker.
Laboratoriumdienste vorder met die herstel van stelsels