Skip to content

KZN se LUR vir Gemeenskapsveiligheid veroordeel moord op IVP-wyksraadslid

# KwaZulu-Natal se LUR vir Vervoer, Gemeenskapsveiligheid en Skakeling, Sipho Hlomuka, sê die moord op ʼn IVP-wyksraadslid van die Nongoma-munisipaliteit is ʼn terugslag vir die werk wat gedoen is om politieke moorde te bekamp. ʼn Groep gewapende mans het Woensdag langs die raadslid se voertuig stilgehou en hom talle kere geskiet. Hulle het daarna op ʼn taxi met skoolkinders losgebrand. Een leerder is dood en twee ander is gewond. Tussen 2011 en September verlede jaar is 155 politieke figure in die provinsie in sluipmoordaanvalle dood. Hlomuka vra groter politieke verdraagsaamheid.