# Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, lei ‘n toesigbesoek aan gebiede wat geraak is deur die veldbrande waartydens meer as 200 families hulle huise verloor het in Kenville en ses brandbestryders dood is in Boston. Volgens Ntuli het die brand ook boere en lewende hawe geraak en 30-miljoen-rand se skade veroorsaak. Die premier benadruk dis noodsaaklik dat die regering die gebied as ‘n rampgebied verklaar. Hy vra ook vir samewerking om toekomstige brande te voorkom:
KZN-premier bevestig meer as R30-miljoen se skade na veldbrande [KLANK]
ENG-NtuliOnFires