# Die Polisie in KwaZulu-Natal het ‘n soektog begin na ‘n onbekende getal aanvallers wat gisteraand by drie verskillende huise in die Uganda informele nedersetting in Umlazi vyf mense doodgeskiet en een persoon gewond het. Die Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê, toe hulle by die eerste huis aankom, het hulle die liggaam van ‘n 32-jarige man en dié van ‘n vrou gevind met veelvuldige skietwonde. Hy sê by die tweede huis het hulle die liggame van twee vroue en dié van ‘n 24-jarige man gevind:
KZN-polisie begin soektog ná moord op 5 mense in Umlazi [KLANK]