# KwaZulu-Natal en Gauteng het die hoogste aantal moorde aangeteken, en verteenwoordig onderskeidelik 21- en 25-persent van die nasionale gevalle. Die Wes-Kaap bly die middelpunt van bendegeweld in die land en verteenwoordig 17-persent van die voorvalle, met 263 bendeverwante moorde van 1 Oktober tot 31 Desember verlede jaar. Moorde in die Oos-Kaap verteenwoordig 18,9-persent van die landwye totaal. Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het tydens die bekendmaking van die jongste misdaadstatistiek gesê sterker polisiëring en gemeenskapsvennootskappe is nodig om geweldsmisdade te bekamp:
KZN, Gauteng het hoogste moordstatistiek, Wes-Kaap bly brandpunt vir bendeverwante moorde [KLANK]
ENG MchunuOnProvinces