# ‘n KwaZulu-Natalse boer is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat hy veelvuldige beserings opgedoen het tydens ‘n plaasaanval. Midlands-nooddienste het verskeie oproepe ontvang oor die aanval in die Boston-omgewing net buite Howick. ‘n Woordvoerder sê twee mense het blykbaar die huis binnegedring en die boer aangeval. Twee ambulanse is na die toneel gestuur. Die boer het gevorderde lewensondersteunende behandeling benodig en is op die toneel behandel voordat hy hospitaal toe geneem is.