# Die motief vir die skietdood in teregstellingstyl van ‘n skoolhoof van KwaZulu-Natal en sy vrou in hul huis in Port Shepstone, bly ‘n raaisel. Die aanval het Vrydagaand gebeur. Gugulethu Sijadu en sy vrou is vermoor terwyl hulle geslaap het. Hulle kinders het op hul liggame afgekom. Na wat berig word het die verdagtes toegang tot die huis deur ‘n oop venster gekry. Volgens die familie is net twee selfone gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.