Skip to content

KwaZulu-Natal en Limpopo sien aansienlike daling in moordsyfers [KLANK]

# Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê KwaZulu-Natal en Limpopo se dubbelsyfer-persentasiedalings in hul moordsyfers bly bemoedigend. Dit is ten spyte van talle massaskietvoorvalle wat KwaZulu-Natal ervaar het, waarin drie of meer lewens op ‘n slag geëis is. Daar is egter toenames in die moordsyfers in Mpumalanga, Gauteng, die Wes-Kaap, die Vrystaat en Noordwes. Cele het op ‘n nuuskonferensie die misdaadstatistiek van die tweede kwartaal aangekondig. Hy het sy kommer uitgespreek omdat die syfers aandui baie vroue en kinders is nie veilig by mense wat hulle ken en vertrou nie: