Skip to content

Kruisondervraging van selfoondata-ontleder in Meyiwa-moordverhoor hervat

# Die kruisondervraging van die afgetrede selfoondata-ontleder, Lambertus Steyn, in die Senzo Meyiwa-moordverhoor hervat vandag in die Hooggeregshof in Pretoria. Hy moet weer bewyse verduidelik oor beweerde kommunikasie tussen een van die beskuldigdes, Fisokuhle Ntuli, en Meyiwa se destydse vriendin, die sanger Kelly Khumalo. Ntuli en vier ander word beskuldig van die moord op die Bafana Bafana-kaptein in 2014. Steyn moet weer verskyn nadat Pinky Vythilingam van Vodacom nie die twee oproepe waaroor hy getuig het, kon verifieer nie.