Skip to content

Kritieke kragonderbrekings is grootste gevaar vir Suid-Afrika

# Kritieke kragonderbrekings wat infrastruktuur benadeel, is uitgewys as die grootste risiko in Suid-Afrika. Dit is volgens die Allianz Risk Barometer 2024, wat moontlike risiko’s en geleenthede in 83 verskillende ekonomieë identifiseer. Die tweede risiko wat uitgewys word, is die redelik stadige indiensnemingskoers. Die Allianz Trade wat in Frankryk gebaseer is, sê die land se onbestendige elektrisiteitsvoorsiening en sy swak reputasie wat die volhoubaarheid van staatskuld betref, kan die risiko verhoog. Hy sê geskille tussen die politieke elite het tot maatskaplike onrus gelei wat ʼn uitwerking het op die ingewortelde raamwerk en voorspelbaarheid van regeringsoptrede.