Skip to content

Kriminoloog sê meer moet gedoen word om einde te maak aan korrupsie in wetstoepassing

# ‘n Kriminoloog, professor Jaco Barkhuizen, sê die probleem met korrupsie in wetstoepassing is dat dit vertroue in die polisie knou en dat dié vertroue tans baie laag is. Twee Tshwane-metropolisiebeamptes is afgedank weens hul teistering van die gemeenskap van Centurion by Pretoria. Talle inwoners het daaroor gekla. Barkhuizen sê die optrede teen korrupte wetstoepassingsbeamptes is ‘n positiewe teken, maar baie meer moet omtrent die kwessie gedoen word.