# Krieket: Indië het 237 vir nege aangeteken in die tweede eendag-internasionaal teen die Wes-Indiese Eilande in Ahmedabad. Die besoekers het gekies om veldwerk te doen toe kaptein Nicholas Pooran die loot gewen het in die dag/aandwedstryd. Suryakumar Yadav het die meeste lopies aangeteken vir die besoekers met 64 en KL Rahul het 49 bygedra. Alzarri Joseph en Odean Smith het beide twee paaltjies laat kantel. Indië het die eerste van die drie eendag-wedstryde gewen en die laaste een sal Vrydag op dieselfde veld gespeel word. Drie T20s sal daarop volg.