Skip to content

Krieket: Wes-Indiese Eilande maak skoonskip in T20-reeks teen Suid-Afrika

# Krieket: Die Wes-Indiese Eilande het Suid-Afrika in die derde en laaste T20 met agt paaltjies verpletter om die reeks in Jamaika met drie-nul op te raap. Obed McCoy het drie paaltjies platgetrek terwyl die Windies die Proteas tot 163 vir sewe beperk het met Rassie van der Dussen wat ʼn vyftigtal behaal het. In reaksie daarop het Johnson Charles 69 gemoker en die Windies het hul teiken bereik met 37 balle wat oorbly. Suid-Afrika het sedert die laaste T20-wêreldbeker slegs twee van sy laaste elf voltooide wedstryde gewen.