# Krieket: Die voormalige snelbouler van die Proteas, Morné Morkel, het sy afrigterspos as snelbouler-afrigter van Pakistan verlaat – ʼn maand voor sy kontrak verstryk. Hy is in Junie aangestel en het die land gehelp om in die vyfde plek op die Wêreldbeker-punteleer te eindig. Di Krieketraad van Pakistan het bekendgemaak Morkel het bedank sonder om enige rede te verstrek, nadat die span by die toernooi uitgeval het. Die beheerraad sê ʼn plaasvervanger word eersdaags aangekondig. Morkel het ʼn Australiese burger geword sedert hy in 2018 opgehou speel het.
Krieket: Voormalige Proteas-bouler verlaat sy afrigterspos by Pakistan vroeg