Skip to content

Krieket: Tristan Stubbs van SA blink uit vir Delhi Capitals in IPL

# Krieket: Tristan Stubbs van Suid-Afrika het sy uitstekende vertoning voortgesit met die Delhi Capitals wat die Mumbai Indians met tien lopies in die Indiese Premierliga geklop het. Stubbs het ‘n onoorwonne 48 van 25 balle aangeteken nadat Jack Fraser-McGurk van Australië 84 van 27 balle gemoker het om Delhi se telling tot 257 vir vier op te stoot. Delhi het voor sy tuisskare hulle beste telling ooit in ‘n T20-toernooi behaal, ‘n dag na Punjab Kings suksesvol ‘n rekord-lopie-telling van 262 gejaag het.