Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Krieket: Sunrisers en Durban oorheers SA20-span van die seisoen

# Krieket: Die kampioen, Sunrisers Eastern Cape, en naaswenner, Durban’s Super Giants, het die meeste spelers in die SA20 se span vir die seisoen, saamgestel met die hulp van krieketontleders CricViz. Sunrises word verteenwoordig deur Tom Abell, Tristan Stubbs, Marco Jansen, Dan Worrall en Ottniel Baartman, en Durban deur kaptein Keshav Maharaj, Heinrich Klaasen, Wiaan Mulder, Noor Ahmed en die 12de man, Matthew Breetzke. Ryan Rickelton van M-I Cape Town en Jos Buttler van Paarl Royals voltooi die 12 name.